My eie depressie

Dit is baie maklik om self ook aan depressie te begin ly wanneer jy iemand ondersteun wat aan Bipolêre Gemoedsversteuring ly, veral as jy baie naby aan die persoon leef soos byvoorbeeld om ’n huweliksmaat te wees of as jy ’n huis deel met die persoon.

Jou depressie is dalk nie van binne nie maar wel van buite. Wat ek daarmee bedoel is dat jou depressie dalk nie ’n mediese oorsaak het nie, maar jou omstandighede om jou veroorsaak dit. Dalk is jy van nature geneig om soms depressief te wees en moet jy in elk geval soms stry teen moedeloosheid oor die lewe. Maar noudat jy iemand anders moet bystaan wat jou baie kere emosioneel kan uitput en baie kere net negatiewe dinge kwytraak maak dit jou eie lewensuitkyk grys en grou.