My eie emosionele welstand

Een ding moet jy weet: jy kan nie aanhou om iemand te ondersteun, as jy nie na jouself omsien nie.

As jy jouself op die langeduur gaan afskeep, sal jy nie kan volhou om die sterk een te wees nie. Om iemand te ondersteun wat aan Bipolêre Gemoedsversteuring ly, moet jy innerlike krag hê, en soms BAIE daarvan.

Om ‘n ondersteuner te wees, kan met tye baie emosioneel uitputtend raak. Jy sal iets  moet doen om om te sien na jou eie emosionele welstand…