Skuldgevoelens

Voel jy soms skuldig as jy tyd vir jouself maak om soms net alleen te wees, weg van jou geliefde?

Voel jy soms skuldig wanneer jy iets alleen doen, soos om te gaan fliek of om alleen in ‘n winkelsentrum rond te drentel of dalk net ‘n koffie iewers te gaan drink en met jou eie gedagtes besig  te wees?

MOENIE!

Jy het nodig om perspektief op sake te kry en soms moet jy jou lewe van ‘n afstand af bekyk. Soms hoef jy nie eens so diep en ernstig besig te wees nie, jy kan ook maar net ontspan en ‘n tydskrif  deurblaai.

Sien ook die bladsy oor “My eie emosionele welstand”