FAMILIE EN VRIENDE

Familie en vriende weet meestal nie wat Bipolêre Gemoedsversteuring behels nie.

Dit is ook nie nodig om vir almal wat jy ken te vertel dat jou geliefde aan Bipolêre Gemoedsversteuring ly nie.

Fokus op naby mense, mense wat saakmaak, mense wat vir julle omgee as jy jou kennis oor die siekte met mense wil deel sodat hulle deel kan vorm van jul ondersteuningsnetwerk.