OOR DIE SKRYWER

My naam is Mariѐ Norval en ek is woonagtig in Pretoria, Suid-Afrika. Ek is baie lief daarvoor om te skryf en is baie opgewonde oor hierdie webblad! Ek hoop van harte dat die inligting hier vir jou van hulp sal wees.

Die onderwerp van Bipolêre Gemoedsversteuring lê my baie na aan die hart en dan veral die ondersteuning van ‘n geliefde wat aan hierdie siekte ly.

Ek is 9 jaar getroud met my man wat nou 32 jaar aan Bipolêre Gemoedsversteuring ly en ons stap saam die pad en stry saam die stryd daarteen. Hy is my beste vriend en ek kon nie vir ‘n beter lewensmaat gevra het nie.