Die depressie

Kenmerke tydens Depressie

  • Geen lus vir die lewe
  • Ergere negatiewe gedagtes en praatjies
  • Moedeloos met die lewe
  • Swartgallig
  • Doen niks
  • Lê net in ’n donker kamer
  • Slaap baie
  • Is baie stil
  • Selfmoordgedagtes en praatjies

 Die depressiewe fase van die siekte is ook baie vermoënd vir die ondersteuner. Dit is nie net gewone depressie wat almal deesdae ervaar nie, maar iets in die oortreffende trap. Jou geliefde het geen lus vir die lewe nie, is uiters moedeloos, lusteloos, negatief en praat net donker dinge of is net stil.

Dit is uiters moeilik om in hierdie tyd moed te hou en aan te hou moed inpraat en probeer om positief te wees. Jyself word ook afgetrek in die donker gat van depressie en jy kan nie meer nie. Jy is nie meer lus om iets opbouends en positief te sê nie, want jy kry net negatiewe terugvoering en kommentaar. Jou geliefde praat daaroor om ’n einde aan alles te maak.