Gaan dit altyd goed as daar geen depressie of geen manie aanwesig is nie?

Wat baie buitestaanders nie verstaan nie, is dat ten spyte van die afwesigheid van erge depressie of enige tekens van manie, dit nie noodwendig altyd goed gaan nie. Selfs in “rustige” tye is daar altyd een of ander uitbarsting wat wag om te gebeur. Of dalk ‘n fase van erge moedeloosheid of verveeldheid wat kan opduik. Dit is ‘n “rollercoaster ride” selfs in die goeie tye.