Is alle Bipolêre mense dieselfde?

Iets wat Bipolêre Gemoedsversteuring so uniek maak, is die feit dat elke persoon wat daaraan ly, dit anders beleef. Ja, daar is wel baie ooreenkomste, maar omdat die siekte te doene het met emosies, ervaar elke persoon dit anders. Elke lyer het sy eie unieke persoonlikheid en heg verskillende konnotasies aan dieselfde dinge, onderwerpe en plekke. Wat vir een lyer ‘n baie negatiewe “trigger” kan wees, sal byvoorbeeld vir die volgende lyer niks beteken en geen reaksie uitlok nie. Die verwysingsraamwerk van elke persoon speel ‘n baie groot rol.